Donsvere langs my jaagtog

Ek sit voet in die hoek, want daar is nie nou tyd om baie te mymer oor een gedagte nie. Ek is skoon kortasem as ek dink aan alles wat in die volgende halfuur moet gebeur. Die lysie wat ek moet afhandel vra ‘n wonderwerk. Dis tye soos hierdie wat ek wens ek kan myself kloon  – myself verdeel om in al die behoeftes en versoeke te voldoen. Ek jaag om vir Huppelkind te gaan haal by haar musiekles en Ouboet by die universiteit. Die gedagte aan my kinders laat my ma-hart week – al drie kinders is moeg en moedeloos van toetse,  take en al die eise van hulle eie wêrelde. Ek moet my woorde versigtig en mooi afmeet rondom hulle. My gedagtes spring van planne vir kos na die lysie vir Pick ’n Pay en die afspraak wat ek en my man  oor ’n uur het. In my jaagtog ry ek verby ons huis en sien dat my 84-jarige, gryse pa se bakkie voor die hek staan, en ek sug saggies in my binneste. Hoe sal hy verstaan dat ek nie nou tyd het om aan sy behoeftes aandag te gee nie? My to-do-lysie is nog nie klaar vir hierdie halfuur nie. Ek moet ook nog gou vir stil-kind Afrikaans verduidelik. So probeer ek my bes om hom te help in sy stille kokon om die eise van ’n raserige wêreld te hanteer. En boonop is die geyser stukkend. Geen warm water vir die afgelope twee weke al nie. Ons het gedink ons doen goed en het ’n geyser wat met sonkrag werk, laat installeer, maar die vakmanskap vir herstel bestaan nie in ons dorp nie. Intussen is my kop ook besig met my studies wat moet klaar. Daar is amper nie plek vir ander gedagtes nie, want ek moet fokus op hierdie vraagstuk wat nou deur data en literatuur opgelos moet word. Dan spring my gedagtes weer na volgende jaar se werksverdeling en wonder hoe ek al die balle in die lug gaan hou … Ek onthou ook van die versoek om ‘n kwotasie aan te vra vir een van die studente meisies in die koshuis, vir wie ons pa en ma speel.

IMGP1605

Êrens in die agtergrond herken ek die motorradio is aan en ek verbeel vir my ek hoor Bethel sing. Tog hoor ek dit nie eintlik nie, want die gedagtes aan al die eise loop soos ou telfoonlyne deurmekaar. Die een gedagte is nog nie eers klaar nie, dan onthou ek van n volgende. Tussen die gedagtenewels hoor ek tog:

You will never let me down.

My foon piep al die hele dag, maar ek ignoreer dit die meeste van die tyd. Ek hoop maar diegene wat my soek, kom self reg. Tog loer ek so af en toe skeel na die skerm om seker te maak dit lyk nie te dringend nie. En toe is dit my Ousus. Sy skryf:

Hallo Kleinsus. Dit is ’n koue, winderige dag hier by ons. Ek doen huiswerk en toe speel Sonja Herold se liedjie “Ek verlang na jou” en toe lag en huil ek sommer deurmekaar, want toe verlang ek jou omdat jy gesing het “as die son en die maan en die wolke oor jou gaai”. Lief jou baie. Ousus.

Picture 241R

 

 

Ek laat sak my kop vir ’n oomblik op die stuurwiel en ek hoor weer: You will never let me down. En ek sien hoe Genade klein donsveertjies langs my jaagtog los – donsveertjies wat my laat onthou dat daar engele langs my pad is wat my aanmoedig om die wedloop klaar te maak, met my oog gevestig op Jesus, my Leidsman en Voleinder van my geloof.

 

Veer 2

Sy Genade is vir my genoeg!

Ek kry myself tog so bietjie jammer. Ek laat vir n oomblik die gedagte toe dat ander nie eintlik verstaan in watter skoene ek op die oomblik staan nie en ek dink hulle is so bietjie selfsugtig in die eise wat hulle stel, én elkeen se versoek is prioriteit.  Ek voel kortom te min vir almal wat ietsie van my wil hê.

Ek dink weer aan die skare wat Jesus moes kosgee. Hy het dalk ook te min gevoel vir die eis van daardie skare. In Sy hande was twee vissies en vyf broodjies – nie eers ’n halwe dosyn broodjies nie. Ek sou nie eers amper probeer het om soveel mense te voer met so min kos nie. Tog dank Hy Abba daarvoor – vir die bietjie wat Hy wel het. En toe gebeur die wonderwerk. Nadat Hy dankie gesê het, BREEK Hy die bietjie wat Hy het en begin uitdeel. En Hy voed daardie dag vyfduisend mense. Nadat almal geëet het en versadig was, tel hulle nog twaalf mandjies vol gebreekte brood op.

IMGP3138

Op die skerm van die kitsbank waar ek geld trek, staan.

Werk rustig voort met die wete dat jy beskerm word…

Ek sit in ’n vergadering toe ’n vriendin whatsapp om te vra of ons sal help soek na blyplek vir haar dogter se kêrel vir volgende jaar. Intussen hoor ek dat ek dalk my hele huis sal moet oppak en verhuur, omdat die koshuis waarby ons betrokke is, vra dat die koshuisouers sal inwoon – en ek dink aan my tuin, my katte en honde, my getroue huishulp, die studie wat moet klaar voor dan en ’n matriekeindeksamen wat afgehandel moet word…

Intussen moet ek wag en fokus op ’n taak veel belangriker as alles reeds genoem, maar dis amper onmoontlik.

Ek hoor dat die Here gee vir die wat Hy liefhet in hulle slaap. Dat Heilige Gees vir ons intree met onbaatsugtige versugtinge en namens ons pleit in die troonkamer wanneer ons nie kan nie. Ek probeer in my tyd saam met die Here fokus, maar ek val letterlik aan die slaap. Die gees is gewillig, maar die vlees wil nie saamwerk nie…

’n Vriendin stuur vir my 1 Kor 1:27-28

1 Corinthians 1:27-28 New Living Translation (NLT)

27 Instead, God chose things the world considers foolish in order to shame those who think they are wise. And He chose things that are powerless to shame those who are powerful. God chose things despised by the world, things counted as nothing at all, and used them to bring to nothing what the world considers important.

Ek sukkel met die godsdiens-ding wat sê ek moet Sy genade verdien. As ek weer vir my kom kry, is ek besig met verdienstelike werk en sukkel ek om die balans te kry van wat Jesus van my verwag en wat ander van my vra – die eise wat gestel word. Ek sukkel, want ek is so bang dat ek Sy Koninkryk sal skade berokken wanneer ek nie van myself gee nie, hierdie brood verder breek nie. Ek weet ek kan nie vir ELKE honger siel in hierdie wêreld van my brood breek nie – al het ek vanoggend in die stort geskree oor hierdie einste magtelose gevoel omdat ek nie genoeg voel vir al die behoeftes rondom my nie.

IMGP3561

Nou deins ek terug wanneer ek van myself vir mense moet aangee, want ek voel bankrot. Maar ontdek dat al my tekorte eintlik die skare om my na Jesus moet wys. Wanneer my kinders mank loop onder swaarkry, moet ek ons onvolmaakheid in Jesus se wonde gaan druk, want Hy is genoeg. Al die antwoorde lê in Sy gebreekte ligaam – die brood gebreek vir jou en vir my. Nou kan ek dalk minder gebruik voel, want eintlik het niemand vir my gesoek nie. Jesus is klaar die gebreekte brood en die uitgestorte wyn vir ons. So draai die woorde van die Woord in my kop, en ek hoor die sagte stem van Heilige Gees: Aan die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was self God. En ek onthou dat die Woord eintlik Jesus is – Immanuel, God met ons. En dit lees: aan die begin was Jesus en Jesus was by God en Jesus was self God. En ek dink – ek hoef nie genoeg te wees vir my kinders en wie ookal iets van my wil hê nie – ek hoef net vir hulle ’n stukkie van Jesus aan te gee. Hoe hulle dit gaan eet en verteer, is hulle saak. Of hulle  dit soos die Israeliete van ouds later gemuf vind in die hoekie waar hulle dit vir later gebêre het.  Ek sal nooit genoeg wees nie, maar Jesus is altyd genoeg. Hy sê Sy Woord sal nooit leeg terug keer nie

Isaiah 55:10-11New King James Version (NKJV)

10 For as the rain comes down, and the snow from heaven, and do not return there, but water the earth, and make it bring forth and bud, that it may give seed to the sower and  bread to the eater, 11 So shall My word be that goes forth from My mouth; It shall not  return to Me void, but it shall accomplish what I please, and it shall prosper in the thing for which I sent it.

En dan onthou ek, as ek dan volmaak was, sou ek Jesus nie nodig gehad het nie. Ek laat sak my kop vir die tweede keer in een dag tot teen die stuurwiel en ek dank Jesus vir dit wat Hy van Homself vir my aangegee het. Ek breek dit en deel dit uit.  Ek ry weer ‘n bietjie vinniger, want nou kan ek wag om te sien hoe hierdie gebreekte brood ’n skare van vyfduisend gaan voer nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s