Bruilof in Kanaan

Met ons troue, vyf en twintig jaar gelede, bestel my oorlede ma wit St. Joseph lelies van Johannesburg. Die bosse en bosse lelies kom by ons in Bloemfontein aan met ’n Barmhartige Samaritaan. Maar geeneen van die lelies was nog oop nie. Die verskaffer het ’n boodskap saam met die lelies gestuur en ons moes die blomme oornag laat by outydse, asbes verwarmers, dan sou die knoppe oopgaan. Nodeloos om te sê ons is getroud sonder dat een enkele lelie haar gesig vir ons gewys het. Die Maandag, na die naweek van ons troue, het my pa die terrein gaan opruim, en daar staan al die lelies en glimlag spierwit en soet. Ons het dit nooit gesien nie.

IMGP3601

In vyf en twintig jaar van getroude lewe het my man vir my blomme gekoop. Baie rose, omdat ek so baie van rose hou, maar ek kan nie onthou dat hy ooit vir my lelies gekoop het nie. Miskien omdat ons die bloutjie geloop het vyf en twintig jaar gelede? Hierdie jaar met my verjaarsdag bring hy vir my twee dae voor my verjaarsdag die bos lelies. Ons was nie met my verjaarsdag tuis nie en hy wou my tog bederf. Maar al die blomme is weer toe. Net knoppe. Weereens suinig met hul volle bruidsgewaad.

Intussen maak ons ons geestelik gereed vir die groot gebeurtenis in Bloemfontein – amper soos ons troudag van lank terug, maar dié slag eerder ’n troue soos in Kanaän. Ek voel weer soos die maagd wat haar bruidstabberd met sorg uitsoek en haar lampie vol olie maak. Voordat die bruilof in Kanaän egter kon plaasvind moes Moses eers die verdrukte volk uit Egipte lei, op die woestypad, na Kanaän. Sodat hulle eers kon sterf aan hulself. Onder my arm is ook die ekstra olie wat ek langs my woestynpad bymekaar gemaak het. Die olyfolie wat in my lewe seer gepars is. En toe hulle vir Kanaän ruik en dit in die verte sien, moes hulle sewe reusstamme verslaan. Toe kon hulle vry wees in die land wat oorloop van melk en heuning…

IMGP3612

Vrydagoggend, voor die gebeure, verras my man my nog ’n keer en ek gaan vir ’n spa-behandeling. Ek voel amper soos Ester wat ingevryf word met allerhande geurige olies. Ek gaan die Koning ontmoet. My gees is in afwagting. Die lug is swanger.

Ek was in afwagting vir daardie blomknop om oop te gaan in Bloemfontein. Wéér in Bloemfontein. Op my verjaarsdag hierdie keer! Miskien sou dit die keer anders wees en sou ek die skoonheid daarvan kon beleef en geniet.

IMGP3602

Maar die asbesverwarmer het weer nie sy werk gedoen nie. En ek het verneuk gevoel. Ek voel ek gaan na die secret garden om Hom te ontmoet en dan daag Hy nie op nie. Ek het alles in my vermoë gedoen om Hom te ontmoet en het Hom verwag in al Sy grootheid en Skoonheid. Ek het vergeet dat Hy gesê het Hy sal kom wanneer ons Hom nie verwag nie – soos ’n dief in die nag. En ek het die hele tyd vir myself geprewel – dit gaan nie oor my nie… dit gaan nie oor my nie… Die blomknop het vir my weer toe gebly.

Agterna het ek besef ons het regtig verstaan wat in die Gees in Bloemfontein gebeur het nie. Ek dink ons sou soos ’n ballon wat te styf opgeblaas word, bars! Ek het oorweldig my stoel opgevou, my vlag en my ramshoring en die kouesak oor my skouer geswaai en in die stofpad teruggestap bussie toe. Dis asof die gebeure my gedagtes en gevoelens laat stol het. Ek moes eers dit verwerk wat ek beleef het. Ek onthou dat ek toe al gebid het dat Heilige Gees vir ons in verteerbare stukke sal voer dit wat regtig in die Gees gebeur het en ons nie met ons sienlike oë kon sien nie. Sodat ons kan absorbeer en regtig SIEN! Ek was bang ek het dit gemis! Soos die blomme wat oopgegaan het met my troue en ek dit nie kon sien nie. As ons nie getrou het nie, sou daar nie blomme gewees het nie. As Bloemfontein nie gebeur het nie, sou daar nie goed in die Gees gebore word nie – maar dit was nie die einde nie. Die blomme het oopgegaan, maar ons rug was na die blomme gedraai en ons het dit nie gesien nie. En hierdie keer wou ek seker maak, ek mis dit nie weer nie!

IMGP3601

Voor dit leer ek ek moet in Sy teenwoordigheid bly! Nie in en uit die secret garden gaan nie – maar daar vertoef sodat ek uit Sy teenwoordigheid opereer. Ek moet elke gedagte gevange neem in gehoorsaamheid tot Hom. En wanneer ek vanuit Sy teenwoordigheid opereer, sal gebeur wat Jesus gesê het in Johannes 8:42. En ek haal uit die Amplified Bible aan:

Jesus said to them, “If God were your Father, you would love and recognize Me, for I came from God [out of His very presence] and have arrived here. For I have not even come on My own initiative [as self-appointed], but He [is the One who] sent Me.

En is Johannes 14:12 staan (Die Boodskap):

Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader gaan.

Ek glo ons sal hierdie groter werke doen wanneer ons dit doen vanuit Sy teenwoordigheid, want uit onsself sal dit nooit kan gebeur nie. Ek wil nie my rug op die blomknoppe van Bloemfontein draai nie. Ek wil na dit staar en amper nie my oë knip nie, te bang ek mis dit weer.

IMGP3603

Ten spyte van ons gebrokenheid en ons onvermoë gebruik die Here dit wat ons wel vir Hom kon bring – die gehoorsaamheid waarmee my land se mense gegaan het in om hul te verootmoedig. Niemand is onaangeraak daar weg nie; al was ons offer nie volmaak nie. Die dankbaarheid vir Sy genade in ons gebrokenheid lê my hart vol! Expect the unexpected the miraculous!

Wilde Als

En tog het die Here die toelaatbare porsie, wat oor my kon gaan, daardie dag aan my gegee. So bid ek voor die tyd, dat as dit moontlik is, dat ek my vriendin van Stilbaai daar sal raakloop wat met ’n bus van die Kaap af sou ry. Daar was geen selfoonopvangs nie en daar was ’n miljoen mense plus. Waar sou ek begin soek? Ek het skuins na regs begin loop en gedink ek sal darem ’n poging aanwend. Wat was die kans? Een uit ’n miljoen plus? En sowaar daar kom sy in die paadjie af. Nie ek of sy kon glo dat ons mekaar tussen daardie klomp mense mag raakloop nie…

Wilde Als bday

Die son se hitte moes eers op die brose blomknop skyn, sodat my geesoë dit kon vat – in Sy Lig. Sy skoonheid ontvou en manifesteer in die warmte van Sy Lig. Ek dink aan Elisa wat vir sy dienaar gebid het toe die vyand hulle omsingel het en dit vir hom gelyk het na ’n hopelose situasie 2 Konings 6: 15 – 17.

Toe die dienaar van die man van God die volgende môre vroeg opstaan en buitentoe gaan, sien hy oral net troepe, perde en strydwaens.

Benoud roep hy vir Elisa: “Ag, Meneer, wat moet ons nou maak?”

“Moenie bang wees nie!” sê Elisa vir hom. “Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!” Toe bid Elisa: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!” Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was.

Ek loop honderd keer ’n dag verby die blomme en hou nog steeds my oë op die blomknoppe. Tog sien ek Hom nie raak nie. Tot vanoggend…

IMGP3600

Die bos blomme staan op ons kombuistafel omdat dit die vertrek is waar ons die grootste gedeelte van die dag deurbring. Vroeg soggens baai die sonnetjie die knoppe in Sy loom hitte en kort voor lank maak die eerste knop oop. En vanoggend toe ek by die trappe afkom, is die bos blomme in sy volle bruidsgewaad. In my gees begin die musiek van Bethel Music se Starlight speel. En ek en Hy dans stadig in die sonlig in my kombuis en in my hand ’n bruidslelie wat betyds oopgegaan het …

sagte lig kerkvenster

You are not far away. You come in close. Even as I wait, you come in close. You are like summer in the night. The sun goes down, but I still can feel you. There’s no heart unseen. There’s no space between You and I. You are closer than the very oxygen. I’m breathing in, I breathe You in. You are God with us, You are here with us. Immanuel. You are infinite. You’re glory has no end. Jesus. There’s no heart unseen. There’s no space between You and I.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s